Kolossense 3:4-5 moet jy nou mooi lees,
en sommer weer lees, oor die lewe:
“Christus gee julle daardie nuwe lewe.
Wanneer Christus eendag weer kom,
sal julle almal by Hom kan gaan staan
as mense wat Hy lewend gemaak het.
Almal sal julle saam met Hom sien.
Dan sal hulle ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is.
Moenie toelaat dat dinge waarvan Jesus nie hou nie,
enige rol in julle lewe begin speel nie.
Raak daarvan ontslae sodra dit in jou lewe begin kop uitsteek.....
Om sulke dinge net te loop en begeer is al verkeerd.
En dan is daar mense wat nooit genoeg kan kry nie.
Hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê.
Asof dit hulle god is, wy hulle al hulle tyd en energie daaraan,
om net al hoe meer in die hande te probeer kry.”

Die Mucclasse-Indiane maak elke jaar met lente hul dorpies skoon.
Hulle maak eers nuwe klere, huise, meubels, en ander noodsaaklikhede.
Wanneer die nuwe dinge gereed is, begin die skoonmaak.
Ou goed word uitgegooi, en alles wat bly, word skoongeskrop.
Alles wat weggegooi word kom op een hoop in die middel van die dorp.
Die hoofman kom steek dit dan aan die brand.
Hulle wag drie dae tot alles uitgebrand het.
Die vierde dag kom hulle weer bymekaar met hul nuwe klere.
Hulle vier die nuwe wat gekom het, en dat die oue verby is...

Paulus se ook hier dat ons die oue moet los.
Ons moet skoonmaak en nuut aantrek.
Want ons leef nou die nuwe lewe!
Efesiërs 4:22-24:
“Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het;
breek met die ou, sondige mens in julle wat
deur sondige begeertes verteer word.
Julle gees en gedagtes moet nuut word;
lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is:
lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.”

Christus gee hierdie lewe!
Leef nuut!

Ernest