Matteus 27 vertel hoe Jesus van die priesterhoofde na Pilatus geneem is.
“Jesus het daarna voor die goeweneur verskyn.
“Is jy die koning van die Jode?”, vra die goeweneur.
“Ja, u sê dit self”, antwoord Jesus. Pilatus gaan toe voort:
“Luister net wat hierdie mense alles oor jou sê.
Wil jy nie jouself verdedig nie?”

Pilatus…’n Romein.
Priesterhoofde en familiehoofde…..Jode.
En ons…..Christene.
Waar staan ons almal in Christus se lyding en sterwe vir ons?
Hoe dink en praat ons oor ander gelowe en oortuigings?
Hoe sou Jesus dit wou hê?

Athur Burns het in die 1970’s informele gebedsgeleenthede
in die Withuis in die VSA begin bywoon.
Week na week is iemand gevra om met gebed af te sluit.
Maar hy is week na week oorgeslaan.
Burns is konstant oorgesien…uit respek vir sy geloof. Hy was ‘n Jood.
Een week het ‘n nuweling die byeenkoms gelei,
en hy het vir Burns gevra om af te sluit met gebed.
Hy het nie geweet dat Burns ‘n Jood was nie.
Almal het gewonder hoe Burns gaan reageer.
Burns het die mense gevra om hande te vat en in ‘n kring te staan.
Toe bid hy die volgende gebed:
“Lord, I pray that you would bring Jews to know Jesus Christ, as the Messiah.
I pray that you would bring Muslims to know,
that Jesus Christ is more than a prophet, to know him as Lord and Savior.
Finally, Lord, I pray that you would bring Christians to know,
and follow Jesus Christ.”

Kom ons bid soos Athur Burns.
Ons almal staan voor Jesus.

Ernest