Judas Iskariot kom uit ‘n dorpie in die suidelike deel van Judea.
Judas was die enigste dissipel wat nie uit Galilea gekom het nie.
Hy het ‘n belangrike rol gespeel in die dissipelkring.
Hy is vertrou met hulle geldsake.
Maar dan kom vertel Matteus 26 dat Judas skelm na die leiers van die priesters toe is.
In vers 15 sê hy: “Ek kan vir julle gaan wys waar Jesus is. Wat is dit vir julle werd?”
Hulle bied hom dertig silwermuntstukke aan.
Van toe af het Judas net die regte oomblik gesoek om Jesus te verraai.
By die laaste maaltyd sit Judas aan Jesus se regterhand.
In daardie tyd was dit ‘n ereposisie vir vriende!
En tog….
Uit hierdie gebeure met Judas leer ons iets baie belangrik.
Jesus kan tevergeefs vir iemand teenwoordig wees.
Is dit, net dalk, so in jou lewe….?
Dat jy eintlik aan sy regterhand sit…en nogtans….
Ons moenie te gou en te kwaai oor Judas oordeel nie.
Ons weet iets wat hy nie geweet het nie. Dat Jesus opgestaan het!
En tog, ten spyte van hierdie kennis, verraai ons Jesus vandag nog.
Voor ons Judas veroordeel moet ons onthou wat Johannes 8:7 sê.
Wanneer die mense bly aanhou dat Jesus die vrou moet veroordeel
wat in owerspel betrap is, dan kom Hy orent,
van waar Hy met sy vinger in die grond skryf en sê:
“Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het,
eerste ‘n klip op haar gooi.”
Ernest