Nogeens; moenie te vining vir Judas veroordeel nie.
Kyk uit sy oogpunt na gebeure.
Jesus het gesê Hy is die Messias, die Seun van God.
Die een wat die Jode geglo het hulle uit die greep van die Romeine sou verlos.
Vir jare het die Jode, en Judas, hierop gewag.
Maar toe Jesus in Jerusalem inkom gaan Hy tempel toe,
in plaas van goeweneur toe. Eerste fout.
Judas moes dink Hy is ‘n prater en nie ‘n doener nie.
Nou was die dissipels se lewe ook op die spel.
Dit is ook een van die redes hoekom Petrus Jesus later sou verloën.
Hulle het alles gelos om Jesus te volg.
Is dit nou alles tevergeefs gewees?
Ons wil vandag nog Jesus annekseer vir ons eie belange.
Ons neem selfs die Romeine teks as grondslag;
As Hy vir ons is, wie kan teen ons wees?
Vraag is: Is ek vir Jesus?... ten koste van enige iets anders.
Jesus doen altyd twee dinge met ons sonde:
Hy konfronteer ons met ons sonde, soos hier in Judas se geval.
Hy konfronteer ons ook met Homself!
Asof Hy sê:
“Kan jy my in die oë kyk, en nog steeds uitgaan,
en dit gaan doen wat jy dink jou oortuiging is?”
Kan jy?
Ernest