Matteus 26:66-68:
“Wat is julle bevinding? “Hy is skuldig”’ antwoord hulle,
“Hy verdien die doodstraf”.
Daarop spoeg hulle Hom in die gesig en slaan Hom met hulle vuiste.
Party het Hom geklap en gesê: “Profeteer vir ons, geagte Messias!
Wie is dit wat jou nou net geslaan het?”
Daar is mense wat veral ook die priesterhoofde en familiehoofde
kritiseer oor wat hulle met en aan Jesus gedoen het.

Mike Gold beskryf hoe hy as Joodse kind in New York grootgeword het.
Hy is dikwels deur groter nie-Joodse seuns gekonfronteer.
Hulle het hom gevra of hy ‘n Christus moordenaar is.
Omdat hy nie geweet het wat dit beteken nie, het hy geantwoord:
“Ek weet nie”. Hulle het hom gespoeg en geslaan,
“soos met Christus gebeur het”, het hulle gesê.
Hy het elke keer bebloed en seer huis toe gegaan. Sonder begrip.
Eendag het hy aan sy ma gevra: “Wie is Christus?”

Dit was nie net hy wat nie ‘n idee gehad het wie Christus is nie.
Die seuns wat hom gespoeg en geslaan het,
het ook nie ‘n idee gehad nie.
Daardie dag sou Kajafas en sy gevolg hul hande laat sak het,
as hulle geweet het wie Christus regtig is.

William Barclay skryf:
“To this day when a man is brought face to face with Jesus Christ,
he must either hate Him or love Him,
he must either submit to Him, or desire to destroy Him.”

Wanneer ons die priesterhoofde en familiehoofde wil veroordeel,
wáár staan ons?
Niemand kan neutraal staan en maar net ‘n mening uitspreek,
of ‘n oordeel uitspreek,
oor die lyding en sterwe en opstanding van Jesus Christus nie!

Ernest