Lukas 23:40-41:
“Die man aan die ander kruis het hom egter gou stilgemaak.
“Ons twee verdien om hier te hang.
Maar hierdie Man het net mooi niks verkeerds gedoen nie.
Sal U asseblief aan my dink wanneer U daar aankom?”
“Jy gaan saam met My na die paradys toe.
Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak.”

Wanneer ‘n koning ‘n onderdaan ‘n groot guns bewys het,
kon so iemand saam met hom in die tuin van die paleis loop.
Dit is wat Jesus hier vir die misdadiger belowe.
Hy kan saam met Hom in die tuin van die hemel loop!
Die belofte geld ook vir ons!
Hierdie misdadiger vra vir krummels…”dink aan my”.
En hy ontvang die Konings-maaltyd….
“….jy gaan saam met My na die paradys toe.” Vandag nog!
Dit is hoe genade werk. Baie meer as wat ons ooit kan bedink.

Daar is ‘n Engelse uitdrukking wat sê: “Saved by the bell”.
Dit beteken dat jy iets op die laaste nippertjie bereik het.
Dat jy op die laaste nippertjie gered is.
Waar kom hierdie uitdrukking vandaan?
In die 18e eeu het siekte in Brittanje onder mense gemaai.
Begraafplase het vining volgeraak,
en daarom is besluit om grafte te “recycle”!
Hulle het kiste uitgehaal en met ‘n skok besef dat
ongeveer een uit 25 mense lewendig begrawe is!
Daar was krapmerke aan die binnekant van die kiste!
Almal het gevrees om lewendig begrawe te word.
Die mense het toe die volgende gedoen:
Daar is ‘n tou aan die gewrig van die liggaam in die kis vasgemaak.
Dit is dan weer aan ‘n klok bo die graf vasgemaak.
Indien jy sou “wakker” word, trek die tou,
die klok lui, en jy kon opgegrawe word.
Vandaar die uitdrukking: “Saved by the bell…”
Franz Hartmann skryf in sy boek, “Buried Alive”,
van oor die 700 gevalle van “saved by the bell”!

Dit is wat hier met een van die misdadigers aan die kruis gebeur.
Dit is wat met ons gebeur. “Saved by the bell…”
Uit die vuur geruk…
Gered aan die kruis van die Here.
Wanner jy leef is dit nie te laat nie. Nooit.
Vir die man aan die kruis was dit nie te laat nie.

Jesus red ons!

Ernest