Markus 16:2 en 6:
“Baie vroeg Sondagmôre kom hulle by die graf aan.
Hulle sien toe dat die klip reeds weggerol was.
In die graf sien hulle ‘n jong man in wit klere sit.
Hy sê toe vir hulle: “Julle soek vir Jesus van Nasaret.
Hy is nie hier nie. Hy is opgewek uit die dood!
Gaan sê julle vir sy dissipels, Petrus ingesluit….”

Jesus se opstanding bevestig dat God se vyand verslaan is.
Die Bose is oorwin, en ook die sonde en die dood.
Dit beteken nuwe lewe.
Die vermoë om uit elke moeras op te staan, in die krag van God.

Jesus se opstanding bevestig Hy is nie ‘n karakter in ‘n verhaal nie.
Hy is lewend teenwoordig as God.
Jesus is nie ‘n historiese herinnering nie,
maar ‘n teenwoordige werklikheid, God self.
In Johannes 20:16 spreek Jesus Maria aan op haar naam.
Dadelik herken sy Hom as “Rabboeni!”. Dit beteken Meester.
So ‘n werklikheid is Hy in jou lewe.
Hy roep jou op jou naam. En jy hoor sy stem!
Maria se trane van hartseer word trane van vreugde.
Waarlik! Die Here lewe!

Niks het meer die laaste sê oor ons nie.
Net die lewende Here!

Ernest