Gebed gaan nie oor gebed as ‘n doel opsigself nie.
Gebed opsigself het geen krag nie.
Gebed werk nie outomaties nie.
Gebed het geen waarde solank as wat ons aan gebed dink
as om ‘n manier om dinge by God te kry nie.
Gebed is ook nie ‘n plig nie.
Gebed is ‘n verhouding.
Dit is een van die heel belangrikste uitdrukkings
van ons verhouding met God.
Gebed is die naam van ‘n geestelike dissipline wat ons
in ons verhouding met God beoefen.
Gebed word gekenmerk deur ons gefokusde ingesteldheid op God.
Wanneer ons gebed so verstaan,
word dit die uitdrukking van ‘n lewende verhouding met die Here,
en van ons verwagting dat God in ons lewens teenwoordig is.
Gebed is die belangrikste verhouding en verbindingslyn tussen ons en God.
Egte gebed gaan nie oor onsself nie, maar oor God.
Dit gaan nie in die eerste plek oor vra nie, maar oor die gee van myself.
Gebed eis nie op nie, maar lê neer.
Dit bring nie versoekskrifte nie, maar lof en aanbidding en dankbaarheid.
Dit verander ons as bidders van selfsugtige wesens na mense wat in oorgawe gee.
“Nie my wil nie, Here, maar U wil moet geskied.”
Ernest