Dit was onlangs Paasfees.
Die opstanding van Jesus Christus uit die dood.
Waaraan dink jy as jy die woord “opstanding” hoor?
Die meeste mense dink aan die verlede.
‘n Steen wat weggerol is, ‘n leë graf,
die opgestane Here.
Maar wat ons nie ten volle verstaan of oordink nie,
is dat Hy nie die enigste een is wat opgewek is en opgestaan het nie.
Ons is saam met Jesus Christus uit die dood opgewek,
en het saam met Hom opgestaan.
Dit het gebeur die dag toe die Heilige Gees
ons die lewe in Christus kom gee het,
die dag van wedergeboorte en bekering,
toe ons die lewe van Hom ontvang het,
en in verhouding met Hom begin leef het.
Begin vandag opnuut lewe met die wete dat jy die lewe het,
ware lewe in die Here!
Ons is nie aardse wesens wat wag vir opstanding en lewe nie.
Ons lewe reeds in Christus!
Ons lewe in Christus, en Christus lewe in ons.
En Hy het self gesê Hy is die opstanding en die lewe.
Wie in hom glo sal lewe, al sterwe hy ook.
Jy het reeds opgestaan en lewe in Jesus Christus!
“Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens.
Die oue is verby, die nuwe het gekom.”
1 Kor. 5:17.
Ernest