Dankbaarheid is om te bedaar voor die Here.
Psalm 131:1 se tweede deel sê:
“Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie,
dinge wat bo my vermoë is.”
Al lyk alles deurmekaar, God weet alles en is in beheer.
Daar is gelowiges wat histeries reageer,
asof die wêreld uit die Here se hande geglip het.
Die wêreld is nie ‘n dobbelsteen wat buite beheer rol nie.
Die nuwe wêreld het met die opstanding van Jesus Christus begin.
Verbly jou in dankbaarheid oor die oorwinning van die Here.
Hy hou die sleutels van die toekoms. Openbaring 1:18.
Bedaar en leef dankbaar vir die Here. Saam met die Here.

Daar is die verhaal van ‘n arm ou man wat so voor die Here geleef het.
Maak nie saak wat gebeur het nie,
hy was bedaard met die wete die Here is in beheer.
Almal wou sy mooi wit perd koop, maar hy wou nie.
Een oggend is die perd weg, en die dorpsmense sê dit is sy straf.
Hy het gesê: “Moenie te gou praat nie. Sê net die perd is weg.”
Na 15 dae kom die perd terug met 12 wilde perde.
Die dorpsmense sê toe dadelik hul was verkeerd. Die straf was ‘n seën!
Weer sê die ou man:
“Bedaar. Sê net die perd is terug saam met 12 wilde perde.
Julle maak te gou ‘n gevolgtrekking. Bedaar.”
Die ou man se seun breek toe sy been terwyl hy die perde inbreek.
Weer sê die dorpsmense dit was toe inderdaad ‘n straf, en nie ‘n seën nie!
Oorlog breek uit en al die seuns moet na die front toe.
Die dorpsmense sê nee!....dit was ‘n seën, en nie straf nie!
Hulle seuns moet nou oorlog toe, en die seun met die af been bly.
Weer praat die ou man: “Bedaar.
Julle is heeltyd besig om na gevolgtrekkings toe te spring. Bedaar.
Die Here is in beheer. Net Hy weet alles.
Leef net in alle omstandighede dankbaar voor Hom!”

Paul Tillich het gesê:
“Thankfulness has taken hold of us,
not because something special has happened to us,
but just because we are,
because we participate in the glory and power of being with God.”

Dankbaarheid laat jou bedaar….
in die 24/7 teenwoordigheid van die Here.

Ernest