Wat gebeur wanneer ons iets verstaan van God se genade,
en sy liefde, en hoe God werk? Watter effek het dit op ons lewe?
Dit maak ons dankbaar en geduldig! Dankbare mense is geduldige mense.
Geduld het te doen met God se liefde en genade met mense.
Dit het te doen daarmee dat God bereid is om altyd nog ‘n kans te gee,
nog tyd te gee, om te kyk of mense nie dalk sal verander en na Hom sal kom nie.
Dankbare mense werk altyd met ander mense soos Jesaja 53:13 sê:
“In die plek van ‘n doringbos sal daar ‘n sipres opskiet,
in die plek van ‘n dissel sal daar ‘n mirteboom opskiet.”
In God se werkwyse word doringbome sipresse, dissels word mirtebome.
Jakob word Israel. Saulus word Paulus. Simon word Petrus.
God verander ons.
C.S. Lewis het gesê om Christen te wees, beteken om die onvergeeflike te vergewe,
omdat God die onvergeeflike vergewe het.
Murray Janson het ‘n wonderlike stelling gemaak oor dankbaarheid en geduld.
Hy het gesê: “God boer nie met mielies, koring, druiwe en skape nie.
Dit laat Hy aan ons oor. Hy boer met genade!”
Dankbare kinders van God boer ook met genade, net soos hulle Vader in die hemel.
Daarom skryf dankdbaarheid nie iemand anders af nie.
Dankbare mense weet dat God onkruid in koring kan verander.
“Gratitude is our most direct line to God. If we take the time,
no matter how crazy and troubled we feel,
we can find something to be thankful for.” - Terry Lynn Taylor.
Ernest