Jy moet altyd ‘n positiewe invloed hê,
op alle verhoudings waarin jy betrokke is.
“Road to Perdition” is ‘n aangrypende fliek oor Michael Sullivan,
wat ‘n sluipmoordenaar was vir die Ierse Mafia.
“Perdition” beteken verderf.
Aan die einde van die fliek lewer die seun, Michael, kommentaar oor sy pa.
“If people ask me if Michael Sullivan was a good man,
or if there was any good in him, I always give them the same answer:
He was my father.”
Die fliek maak die kragtige standpunt oor die positiewe én negatiewe
invloed wat mense op mekaar het.
Jou invloed kan iemand op ‘n “Road to Perdition” plaas,
of ‘n “Road to Heaven”.
Net soos met kernkrag, kan jou invloed ‘n seën of ‘n vloek wees:
Dit verskaf die elektrisiteit om ‘n stad te verlig,
maar as ‘n bom kan dit dieselfde stad vernietig.
Jou invloed maak regtig baie meer saak in mense se lewens as wat jy dink.
1 Tessalonisense 2:11-12 beklemtoon dit:
“Soos ‘n pa met sy kinders het ons julle elkeen bemoedig,
aangespoor en dit op julle hart gedruk, om tot eer van God te lewe.”
In vers 7 leer Paulus ons om “liefdevol en sag” op te tree.
Dit is hoe die Here teenoor ons optree.
Daarom moet ons mekaar aanmoedig en bemoedig.
Met ons invloed mekaar aanspoor, om tot eer van God te lewe.
Scott Adams het gesê:
“You don’t have to be a person of influence to be influential.
In fact, the most influential people in my life are probably
not aware of the things they have taught me.”
Ons vat altyd ‘n stukkie van mekaar saam,
op die verskillende paaie waarop ons loop.
Ons het regtig invloed op mekaar.
Moenie jou invloed onderskat nie.
Wend dit aan tot eer van die Here.
Ernest