Mense leef dikwels neerslagtig en sielsongelukkig,
omdat hulle dink dat hulle van geen betekenis meer vir ander mense is nie.

‘n Student het so ‘n tannie gehad en besluit om ‘n sielkundige te raadpleeg.
In plaas daarvan dat die sielkundige die tannie na sy spreekkamer laat kom het,
het hy besluit om haar aan huis te gaan besoek.
Hy het homself aan haar bekend gestel en gevra of sy haar huis aan hom sal wys.
Sy was heel verbaas, en natuurlik nuuskierig, maar het dit gedoen.
In die enorme sonkamer was die sielkundige se asem eenvoudig weggeslaan,
deur die rye en rye pragtige viooltjies!
Sy het vertel hoe sy van jongs af groen vingers gehad het,
en die mooiste viooltjies kon kweek.
Verder het die sielkundige uitgevind haar enigste kontak met ander mense,
was met die mense tydens Sondae se eredienste.

Toe hy vertrek het hy aan haar gesê:
“Ek wil jou graag help, en vra net dit van jou:
Koop soveel potte as wat jy kan by die kwekery, en kweek viooltjies daarin.
Wanneer ‘n baba in die gemeente gebore of gedoop word, gee viooltjies aan die ouers.
Wanneer ‘n paartjie trou, gee viooltjies aan die bruid en die ouerpare.
Wanneer iemand in die gemeente swaarkry of ‘n krisis het, neem viooltjies na hulle toe.
Volg net hierdie voorskrif met toewyding en kyk wat gebeur.”

Die vrou was verbaas en het nuuskierig begin om dit te doen.
Baie jare later sou die sielkundige in die koerant lees
van die “Viooltjiekoningin” wat op 76 gesterf het.
Die berig het vertel hoe merkwaardig die vrou die gemeente en gemeenskap
opgehelder het, en met bemoediging bedien het met haar viooltjies.
Sy was baie geliefd en het baie vir mense beteken.

“Refuse to fall down. If you cannot, lift your heart toward heaven,
and like a hungry beggar, ask that it be filled, and it will.
You may be pushed down, kept from rising.
But no one can keep you from lifting your heart toward heaven.”
Clarissa Pinkola Estés.

Ernest