Nissan het ‘n paar jaar terug ‘n advertensie gehad met die bekende slagspreuk:
“Life is a journey. Enjoy the ride.”
Die lewe is nie die bestemming nie. Ons is besig met die lewensreis.
Hóé ons hierdie reis aanpak en leef, maak die lewe lekker en betekenisvol.
Jesus het in Johannes 11:25 gesê:
“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook.”
Die uitgangspunt vir ons lewensreis moet die woorde van die Here Jesus wees:
“Ek is die opstanding en die lewe.” Dit neem jou op die rit van jou lewe!
Hou styf vas! Dit is opwindend. Dit is ‘n avontuur. Dit is lewe!
Daarom skryf Petrus in 1 Pet. 1:17-21 vir ons hierdie woorde oor die lewe:
“As julle vir God roep om hulp, help Hy – Hy is ‘n goeie Vader.
Maar julle moet nooit vergeet dat hy ook ‘n verantwoordelike Vader is nie,
wat julle nie sal laat wegkom met ‘n slordige lewe nie.
Julle lewe is ‘n reis waarop julle met ‘n diep bewustheid
van God se teenwoordigheid moet voortreis.
Dit het God baie gekos om julle los te maak van die doodloopstraat-lewe,
waarvan julle deel was. Hy het betaal met Christus se kosbare bloed.
Hy het gesterf soos ‘n vlekkelose offerlam….
Dit is as gevolg van hierdie geofferde Jesus,
wat God uit die dood opgewek en verheerlik het,
dat julle kan vertrou; ja, dat julle kan weet julle het ‘n seker toekoms in God!”
(‘n verwerking van The Message).
Die betekenis van ‘n mens se lewe word nie bepaal deur
die hoeveelheid tyd wat jy geleef het nie.
Dit word bepaal deur wat jy met daardie tyd gemaak het.
Ernest