Prediker sê in 11:7:
“Die lig is aangenaam,
dit is goed vir die oë om son te sien”.

Om God in jou lewe te hê lei tot vreugde, en nie net geluk nie.
Geluk word dikwels gesien as materieële welvaart,
of gesondheid, of goeie uitslae,
of die afwesigheid van groot probleme.
Geluk word gesien as ‘n beskermer of versterker van ons lewe.
Geluk is dus wat mét jou gebeur.

Daarteenoor is vreugde iets wat ín jou gebeur.
Jy kan vreugde hê sonder welvaart, of gesondheid,
selfs te midde van probleme.
Vreugde oorspoel jou lewe wanneer jy God daarin ontdek.
Vreugde is jou hand in God se genadige hand.
Vreugde plaas jou voete stewig op die grond terwyl jy God in alles sien.

Toe aan ‘n kind gevra is hoekom sy so gaande is oor haar onderwyseres,
het sy gesê:
“Because her eyes shows that she is laughing inside all the time.
Because you can see the Son in her eyes!”
Mag die mense ook die Seun in ons oë sien.

Ernest