Psalm 119:11-15:
“Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.
Aan U kom die lof toe, Here, leer my U voorskrifte.
Al U bepalings wil ek een vir een opnoem.
Om volgens U verordeninge te lewe,
gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.
U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys.
Ek verlustig my in U voorskrifte, U woord vergeet ek nie.”
Die bedoeling is nie om net nou en dan ‘n paar verse
in die Bybel te lees nie, veral nie net die wat vir ons gunstelinge is nie.
Aanvanklik was daar nie eers vers-indelings in die Bybel nie.
Selfs hoofstuk indelings, soos ons dit vandag ken,
het eers in die dertiende eeu gekom, deur Stephen Langton.
Vers-indelings het eers so laat as 1551 gekom, deur Robert Stephanus.
Die Bybelskrywers het een groot teks geskryf, van begin tot einde.
Dit is bedoel as geskrifte wat van voor tot agter deurgelees moes word.
So moes jy hoor wat God in elke afsonderlike boek sê!
Jy moes dus tyd maak om die boek te lees,
en so te verstaan wat God se bedoeling daarmee is.
God praat paragrawe vol, hoofstukke vol, boeke vol, met ons.
God praat nie net in enkelsinne met ons nie.
Ons kan nie God se stem verskraal tot enkele losstaande versies nie.
Dit is dan wanneer ons God maklik verkeerd hoor en verstaan.
God se verhale bou voort van sin tot sin,
hoofstuk tot hoofstuk, boek tot boek. Dit is hoe ons God hoor.
God is nie klaar gepraat met die verse wat ons uitkies om mee te leef nie.
Ons kan nie net vining oë wys by ‘n paar verse in die Bybel nie.
Soos bogenoemde Psalm 119 sê;
Bring tyd saam met God deur in sy Woord.
Dan ontdek jy “meer vreugde as al die rykdom van die wêreld”.
Dan verlustig jy jou in die Woord van die Here en vergeet dit nie.
Ernest