Paulus skryf aan die Korintiërs oor die gemeentes in Macedonië.
Hy vertel hoe ongelooflik goed God is vir al die gemeentes.
Die een groot krisis na die ander het hulle getref.
Maar al die ernstige terugslae en swaarkry,
het hulle blydskap nie ‘n enkele oomblik gedemp nie!
Hulle het heeltyd opgeruimd gebly.
Dan sê Paulus in 2 Korintiërs 8:2 dat hulle ook nog verskriklik arm is.
Ten spyte daarvan gee hulle meer vir die werk van die Here, as wat hulle kan.
Hoekom kry hulle dit reg?
Dat niks hulle blydskap kan demp nie.
Dat hulle opgeruimd bly.
Dat hulle meer vir die Here se werk gee, as wat hulle eintlik kan.
Paulus gee die antwoord in vers 5:
“Omdat hulle hulle lewe volledig aan die Here gegee het….”
Hulle het in die eerste plek eers hulleself gegee!
Omdat hulle hulleself volledig aan die Here gegee het,
kon hulle ook, ten spyte daarvan dat hulle baie arm was,
vir Paulus hulle se werk in die koninkryk gee.
So kon hulle volgens God se wil optree, sê die laaste deel van vers 5.
Dit was nie die hoeveelheid wat die Macedoniërs gegee het, wat saakgemaak het nie.
Dit is die feit dat hulle omgee, en daarom gee, wat saakmaak.
Omdat hulle hulself eerste gegee het, kry dit wat hulle daarna gee, ware betekenis.
“You give but little when you give of your possessions.
It is when you give of yourself that you truly give.”
Og Mandino het gesê:
“…Remember that there is no happiness in having or in getting,
but only in giving….”
Dit is wat God se hart blymaak, en wat Hy dan gebruik.
Wanneer jy gee, omdat jy eerste jouself gegee het. Wanneer jy gee, uit dit wat Hy vir jou gee!
Ernest