In ‘n baie interessante boek, “Lives Without Balance”,
praat die skrywers Steven Carter en Julia Sokol,
van vier verskillende reise wat mense kies in hul lewens ritte.
Die vier ritte is:
‘n Glybaan.
‘n Trapmeule - “treadmill”.
‘n “Rollercoaster”.
‘n Roltrap.
‘n Glybaan!
Op die reuse glybaan is daar net afwaartse beweging.
Dit is bykans onkeerbaar, op pad na die onderpunt.
Die einde van die rit is ook die laagste punt.
Dit is soos ‘n donker tonnel sonder lig aan die einde.
Jy voel ingeloop deur die lewe, en is op pad ondertoe.
Dit laat jou dink aan Mahatma Gandhi se woorde:
“There is more to life than increasing it’s speed.”
Jy verloor belangstelling om jou tyd en energie in
enige iemand of iets anders te belê.
Jy word ‘n passasier in die lewe.
In ‘n strokiesprent vra Charlie Brown vir Snoopy:
“Where do I go to give up?”
Nou:
Psalm 94:18 sê “Toe ek gedink het my voete gly,
het U troue liefde my regop gehou.”
Hou hieraan vas, en tel jou kop op, en leef, en onthou,
die Here hou jou op in sy troue liefde!
Al die krag is daar tot jou beskikking, in Hom!
Ernest