Op en af...op en af...die rollercoaster lewe.
Een dag is jy op die top van die lewe,
en die volgende dag is jy op die laagtepunt.
By die werk, in verhoudings, selfs met God!
Ons is op die kruin van die lewe, en dan gly ons maklik na onder.
Ons laat toe dat dinge ons sommer net omkeer!
Ons liggaam en gees stuur duidelike boodskappe,
dat dit nie so kan aangaan nie, maar ons ignoreer dit.
Ons ignoreer ook God se wil met ons lewe...

By ‘n pretpark sien ons hoe mense hardloop,
om sitplekke voor op die rollercoaster te kry.
Dikwels is hierdie mense ingestel op aksie en adrenalien.
Maar daar is nie diepte in hulle lewe nie.
Hulle leef net vir die “groot” oomblikke.
Jerry Seinfeld het hieroor gesê:
“Life is truly a rollercoaster ride.
We’re all strapped in and no one can stop it...
sometimes you put your arms up and scream,
sometimes you just hang on to that bar in front of you.
But the ride is the thing.
I think the most you can hope for at the end of life,
is that your hair’s messed up, you’re out of breath,
and you didn’t throw up!”
Is dit werklik hoe jy wil leef?

So ‘n lewe is inderdaad ‘n gejaag na wind!
Die lewe is regtig baie meer as dit!
Die eerste wat sneuwel is jou eenkant tyd en stiltyd,
saam met die Here. Jy leef by die Here verby!
Jy mis die avontuur van die lewe saam met God.
Jy mis die leiding van die Here, en jy mis sy teenwoordigheid,
al is Hy daar, by jou!
En Prediker 2:17 is jou belewenis van jou lewe:
“Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind.”
Wil jy op die rollercoaster bly sit, asof jy “strapped in” is,
asof jy niks daaraan kan doen nie.
Jy hét ‘n keuse!

Ernest