In die boek “Lives Without balance”
praat Steven Carter en Julia Sokol van vier tipes lewe
wat mense kies.
Die lewe van ‘n glybaan, van ‘n trapmeul,
van ‘n “rollercoaster”, of die van ‘n roltrap.

Dan is daar natuurlik ook die mense wat dink die lewe skuld hulle.
Hulle doen eenvoudig “niks” nie.
Hulle het die houding dat ander mense vir hulle sal sorg.
Selfs dat God deur ander mense sal sorg,
en dat dié mense dan hul plig moet nakom! Kan jy glo!

Die Chinese het ‘n spreuk woord hiervoor:
‘n Mens wat wag vir ‘n gebraaide hoender
om in sy mond in te vlieg, gaan baie lank wag.
Paulus praat hieroor as hy in 2 Tessalonisense sê dat hulle
nie leeglê en op ander mense teer nie. Inteendeel,
hulle werk hard om vir niemand ‘n las te wees nie..
Paulus praat sommer reguit oor die mense met so
‘n lewenshouding in 2 Tessalonisense 3:11:
“Ons sê dit omdat ons verneem dat daar mense by julle is
wat leeglê, wat self nie werk nie,
en hulle net met ander se sake bemoei.”

Mense wat dink die lewe skuld hulle, het nie geloofsvertroue nie,
maar geloofsverwaandheid in hulle lewenshouding.
God het elke mens geroep en aan jou ‘n roepings-taak
in sy koninkryk gegee wat jy moet uitleef tot sy eer.

Die lewe is iets wat met jou gebeur terwyl jy vir iets anders wag.
En so snel die lewe by jou verby. En as jy weer sien is dit verby!
Mark Twain het gesê:
“Don’t go around saying the world owes you a living.
The world owes you nothing. It was here first.”
Jy skuld die lewe jou Godgegewe gawes!
Daarom sê Paulus in vers 13:
“Wat julle betref broers: Moenie moeg word om goed te doen nie.”

Ernest