Albert Einstein het gesê daar is twee maniere van lewe:
Een is asof niks ‘n wonderwerk is nie,
en die ander is om te lewe asof alles ‘n wonderwerk is!

Genade laat jou besef dat álles ‘n wonderwerk is!
En dit laat jou eenvoudig voluit lewe, en voluit eenvoudig lewe!
Geniet die wonder van lewe saam met die Here.
Jy sal dit saam met Hom daagliks as ‘n wonder beleef!
Dit bevry jou van al die nuttelose pogings om sukses
en betekenis in jou lewe te kry.

Saam met die Here leef jy ‘n “my beker loop oor” lewe.
Dit laat jou weg leef van jou eie selfsugtige agendas.
Jesus se woorde “Ek is die opstanding en die lewe”,
is ‘n uitnodiging aan jou tot die ware lewe!
‘n Lewe saam met God en vertroue in God.
Iemand het gesê enige ánder lewe is ‘n
“dead-end and empty-headed life”.
Jesus gee jou ware lewe, en dit in oorvloed!

Johannes 10:10:
“Ek het gekom sodat hulle die léwe kan hê, en dít in oorvloed.”

Ernest