Filippense 3:14:
“Ek span my in om by die wenstreep te kom,
sodat ek die hemelse prys kan behaal.”
Gelowiges volhard enduit. Hulle maak klaar.
Iets van wat Norman Vincent gesê het:
“If you want to get somewhere you have to know
where you want to go and how to get there.
Then never, never, never give up.”
Romeine 12:11 sê ook:
“Moenie in julle toewyding verslap nie,
bly altyd geesdriftig...”
Tydens 1968 se Olimpiese Spele was die slot seremonie pas
voltooi en die mense was besig om te begin huis toe keer.
Daardie dae was die seremonies nie so oorweldigend en lank nie.
Toe vra die aankondiger vir almal om weer te gaan sit.
Die laaste atleet van die marathon maak toe eers klaar.
Almal het gewonder hoekom nou eers?
Toe die atleet die stadion inkom was dit duidelik.
Hy het vroeg in die wedloop baie hard op sy kop geval.
Hy was bloedbelope en sy een knie erg beseer.
John Stephen Akhwari van Tanzanië,
het stadig na die wenstreep aangesukkel.
Die reaksie van die skare was oorweldigend.
Hulle het hom luidkeels oor die wenstreep aangemoedig.
Die mediese personeel het hom na die wenstreep versorg.
Die volgende dag het hulle hom op ‘n nuuskonferensie gevra
hoekom hy na sy beserings steeds wou klaarmaak.
Sy antwoord motiveer ook ons as gelowiges:
“My country did not send me over 11 000 kilometers
to start a race. They send me over 11 000 kilometers
to finish the race.”
Ons span ons as gelowiges in om die wenstreep te haal.
In hierdie lewens wedloop is ons meer as oorwinnaars,
deur Hom wat vir ons liefhet – Romeine 8:37.
Deur Hom wat vir ons die krag gee! – Filippense 4:13.
Ernest