Nuwe mense leef sagmoedig
Kolossense 3:12:
“Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het.
Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig,
sagmoedig...wees.”
Wat beteken sagmoedigheid?
Ander woorde wat ons kan gebruik om Paulus se woord
mee te vertaal is “hoflik”, “saggeaard”, “bedagsaam.”
Dit is baie meer as net “goeie maniere”.
God gee dit deur sy Gees aan ons.
Want hoe sal ander mense naby aan ons kan kom,
sodat hulle die Here in ons kan ervaar,
as ons onbeskof en onbedagsaam is.
Nuwe mense van God ís hoflik, bedagsaam, saggeaard.
Hulle gee regtig om vir mense.
Sagmoedigheid en nederigheid loop saam.
Oor sagmoedigheid het Francis De Salem gesê:
“Niks kan so kragtig wees soos teerheid nie;
en niks kan so teer wees soos ware krag nie.”
Jesus sê in Matteus 5:5:
“Geseënd is die sagmoediges,
want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”
Hieroor sê Henry David Thoreau:
“Geen wonder nie dat Jesus die sagmoediges
geseënd noem – hulle besit immers ‘n vermoë
wat baie heersers hulle behoort te beny:
krag – wat onder beheer is!
Leef sagmoedig, as nuwe mens in die Here.
Ernest