Kolossense 3:13:
“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar
as die een iets teen die ander het.”
Soos die Here julle vergewe,
moet julle mekaar ook vergewe.”

“Wees geduldig” kan ook vertaal word met
“verduur mekaar” of “hou uit met mekaar”.
Dit is nie altyd maklik vir die ou mens om geduldig
te wees nie, en daarom is geduld deel van die vrug van
die Heilige Gees, sê Galasiërs 5:22.
Wanneer ons as nuwe mense gehoorsaam is aan die
Heilige Gees sal ons geduldig wees met mekaar.
Ons sal kan uithou met mekaar. Die here help ons daarmee!
Dink net hoe God geduld moet hê met ons.
Maar sy hart slaan nooit ooit toe vir ons nie.
Wanneer ons dus gehoorsaam is aan die Heilige Gees,
kan ons van God die geduld ontvang wat Hy vir ons gee,
om hierdie opdrag van Hom uit te leef as nuwe mense.

Hierdie geduld help ons ook om mekaar opreg te vergewe.
Om mekaar te vergewe beteken letterlik om
“genade te hê vir mekaar”. Natuurlik!
Want wanneer iemand ‘n onreg aan jou gedoen het,
en jy hom moet vergewe, beteken dit hy het iets verkeerds
gedoen en verdien om deur jou gestraf te word.
Dit is hoe die ou mens reageer. Jy wil dadelik straf of uittrap.
Maar as nuwe mens in die Here reageer jy nou anders.

Genade beteken juis om iemand iets te gee wat nie verdien is nie.
Ons bid mos ook self:
“Nie omdat ons dit verdien nie, Here, maar alleen uit genade.”
Daarom is geen vergifnis sonder genade nie.
Elkeen wat verkeerd doen teenoor jou vra ook genade....

Ernest