Kolossense 3:15:
“En die vrede wat Christus gee,
moet in julle lewens die deurslag gee.
God het julle immers geroep om as lede van een liggaam
in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.”
Reeds met Jesus se geboorte hoor ons uit die hemel:
“Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde....”
Dit is al lankal meer as 2000 jaar terug! En nog steeds nie vrede...
Wanneer ons nuwe mense in die Here is,
moet die vrede van Christus die deurslag in ons lewens gee.
Vrede is die hoofargument wanneer ons besluit wat ons doen.
Wat sal die vrede in die Here die beste dien?
Die antwoord op die vraag moet ons optrede bepaal.
“Die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee.”
Dit gaan nie in die vrede van Christus om ‘n wapenstilstand nie.
Dit gaan om die vrede wat Christus gee.
Dit kom daar waar dit wat stukkend is heelgemaak word,
en dit wat vyandskap bring uit die weg geruim word.
Vrede is nie ‘n abstrakte werklikheid nie.
Daar is net mense wat vrede soek en vrede maak.
Die nuwe lewe in Christus laat my vrede maak met mense.
Dante Alighieri het gesê:
“In God se wil is ons vrede!”
Ernest