Kolossense 3:16:
“Die boodskap van Christus moet
in sy volle rykdom in julle bly.
Leer en onderrig mekaar met alle wysheid.
Met dankbaarheid in julle harte...”
Hoe bly Christus se boodskap in ‘n mens?
Vir Paulus is Jesus se boodskap die
nuwe manier van lewe in die Here.
Dit is waarom Christus se boodskap in ‘n mens kan wees.
Die boodskap moet ons lewens beset.
Die Heilige Gees in ons laat ons die boodskap lewe.
Dit is waarom Paulus sê die boodskap van Christus
moet “in sy volle rykdom in ons bly.”
Die Heilige Gees wil ons die volle rykdom daarvan laat leef.
Daarom moer ons die Gees nie weerstaan nie.
Hierin moet ons mekaar ook help.
“Leer en onderrig mekaar met alle wysheid.”
As kinders van die Here, wat leef in die Here,
is ons nie alleen mense nie.
Vers 15 het gesê:
“God het julle immers geroep om as lede van een liggaam
in vrede met mekaar te lewe.”
Ons moet mekaar met alle wysheid help, sê vers 16. Bystaan.
Ons moet nie eiewys wees nie, maar wys. Met wysheid.
Met begrip, empatie, nederigheid, verdraagsaam,
sagmoedig en meelewend.....soos die nuwe mens in die Here.
Verse 15 en 16 beklemtoon ook dankbaarheid.
“Wees altyd dankbaar” en “Met dankbaarheid....”
Hoe kan dit ooit anders?
Die nuwe lewe in die Here vul jou met dankbaarheid.
Elke nuwe mens kan daarvan getuig!
Vers 17 som dit alles op:
“En wat julle ook al sê of doen,
sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus,
en dank God die Vader deur Hom.”
Dit is die lewe van die nuwe mens in die Here!
Ernest