Dit gaan oor God. Alles gaan oor God.
Uit Dawid se lewe leer ons hierdie allesoorheersende feit.
Gelowiges weet: Dit gaan oor God.
Dawid gee altyd aan God die eer vir sy oorwinnings en suksesse.
Die mees kenmerkende ding oor Dawid was God!
Dawid het geglo in God. Gedink oor God.
Sy verbeelding was gevul met God. Lees maar sy Psalms.
God het met hom gepraat en hy het altyd tot God gebid.
Dawid se bestaan het nie vir hom gegaan oor homself nie,
maar oor God. Hy sê in Psalm 18:2:
“Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.”
En tog......

Uit Dawid se sonde met Batseba, leer ons dat gelowiges ook val.
Maar God los ons nie daar nie. God gebruik mense wat misluk.
Want dit is die enigste soort mense wat jy kry.
Daar bestaan nie mense wat nie misluk,
en hulself en God teleurstel nie.
Ons leer by Dawid dat gelowiges weer opstaan,
deur die genade van die Here, want Hy vergewe sonde.
Gelowiges beweeg weer vorentoe juis omdat God hulle optel.
Hulle besef weer, soos Dawid; Dit gaan oor God.
Hulle leer uit hulle foute, deur die wysheid wat God hulle gee.
Gelowiges beweeg weer met oortuiging vorentoe.
Hulle onthou dat mislukkings nie van joú ‘n mislukking maak nie.
Daarom kon Dawid met Psalm 37:24 sê:
“As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.”

Mense vir wie God alles is, veg daarteen om te val.
Maar dit gebeur. Soos met Dawid, en elkeen van ons.
Hieroor het Clarissa Pinkola Estés gesê:
“Refuse to fall down. If you cannot refuse to fall down,
refuse to stay down. If you cannot refuse to stay down,
lift your heart toward heaven and ask that it be filled, and it will be.
You may be kept from rising.
But no one can keep you from lifting your heart toward God.”

Ernest