Mense leef dikwels met verbittering oor hul onreg beleef het.
Psalm 73:21-22 sê ‘n belangrike waarheid hieroor:
“Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
was ek dom en sonder insig.”

Mense hanteer pyn verskillend.
In die fliek “Cold Mountain”.
‘n Man en vrou het ‘n kort romanse.
Hy vertrek oorlog toe en sy beloof om vir hom te wag.
Na drie jaar kom hy terug!
In die tyd leer sy hoe om innerlike pyne te hanteer.
En hy leer nie hoe om die pyne van oorlog te hanteer nie.
Hoe meer sy deur haar pyne groei,
hoe meer gee sy om vir mense.
En in die proses word sy self ‘n beter mens.
Haar geloof word al sterker.
By hom is dit egter anders.
Hy word net meer bitter en sinies.
Die vrou, Ada, leer die mense rondom haar:
Hoe groter die pyn, hoe groter kan die oorwinning wees.
“Whatever we have achieved in character,
we have achieved through pain.”
By die man, Inman, kry ons die waarskuwing uit sý lewe:
Wees versigtig met hoe jy pyn nié hanteer nie....

Dit is jou keuse oor hoe jy op pyn gaan reageer.
Hoe jy dit gaan hanteer....of nié hanteer nie.
In die boek “Cold Mountain” sê Ada:
“That’s just pain. It goes eventually. And when its gone,
there’s no lasting memory. Not the worst of it, anyway. It fades.
Our minds aren’t made to hold on to the particulars of pain
the way we do bliss. It’s a gift of God, a sign of his care for us.”
Lees weer die woorde van Psalm 73:21-22, soos hierbo aangedui...

Ernest