God is altyd ons bron van hoop!
Ons kan dit besef deur vier dinge te onthou:
Hou jou oog gevestig op die hemel en die dinge wat daarbo is.
Die onmoontlike is vir God moontlik.
God omvou jou met liefde en genade.
Hoop is nie iets nie, maar Iemand,
die Persoon van Jesus Christus.
Ons kyk vandag na die derde waarheid, dat God
ons omvou met liefde en genade.
In die wete en werklikheid dat niks vir God onmoontlik is nie,
kom omvou God ons met sy liefde en genade, konkreet!
Christus se Naam is ook Immanuel, God met ons!
God het deur Christus kom wys Hy is die God van die onmoontlike!
God is met ons, en ons moet weet Hy is altyd by ons!
God het in Christus en deur die Heilige Gees gekom om te bly.
Die krip, die kruis, die leë graf,
en die uitstorting van die Heilige Gees,
bevestig dat God altyd by ons is!
Hy omvou ons met sy liefde en genade.
Ons kan die wêreld in die oog kyk, en weet,
daar is meer as wat ons met die blote oog sien.
Daar is ook wat ons met die geloofs-oog sien.
God is hier, en van alle kante is ons omvou met sy liefde en genade.
Niks “....kan ons van die liefde van God skei nie,
die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” – Romeine 8:39.
Carol Schuller, dogter van die bekende Robert Schuller,
het haar been verloor en teenoor ‘n groot groep jongmense getuig:
“It’s not how you walk that counts,
but who walks with you and who you walk with. God walks with you.
Walk with Him. What may appear impossible, is possible with God.”
God omvou jou met sy liefde en genade!
Ons hoop is daarin gegrond!
Ernest