God is ons bron van hoop.
Ons onthou vier dinge om hieruit te leef:
Hou jou oog op die hemel en op die Here.
Die onmoontlike is vir God moontlik.
God omvou jou met liefde en genade.
Hoop is nie iets nie, maar Iemand,
die Persoon Christus Jesus!
Vandag lê ons klem op die vierde van die waarhede:
Hoop is nie iets nie maar Iemand, Christus Jesus!
Paulus groet Timoteus in 1 Timoteus 1:1 en sê:
“Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus,
in opdrag van God ons Verlosser,
en van Christus Jesus ons Hoop.”
Christus Jesus...ons Hoop!
Kolossense 1:27 verduidelik dit so:
“Die inhoud van die geheimenis is: Christus is in julle.
Hy is julle hoop op die heerlikheid.”
Christelike Hoop is ‘n Persoon wat in jou bly.
Let op die woord Hoop in 1 Tim. 1:1:
“Hoop” met ‘n hoofletter.
Christus ons Hoop, bly deur die Heilige Gees in ons.
In die onsekerheid van die lewe,
wat soms baie moeilik kan wees,
moet ons vir die wêreld hoop gee.
Hoe gee ons aan die wêreld hoop?
Ons gee aan die wêreld Iemand!
Ons het hierdie Hoop wat in ons woon.
Ons kan die wêreld hoop gee!
Hulle moet in ons lewe kan sien hoe Jesus, ons Hoop,
gekom het om by ons te wees, Immanuel,
om in ons te woon, die Heilige Gees!
1 Timoteus1:1 ....“Christus Jesus ons Hoop.”
Ernest