Romeine 5:4-5:
“Egtheid van geloof kweek hoop,
en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons hart uitgestort.”
Ons sê baie keer: “Ek hoop maar vir die beste...”
Mens gebaseerde hoop...”ek hoop maar...”
Wanneer ‘n mens op God hoop, kan dit nie verander in stof,
of soos mis voor die son verdwyn nie.
Hoop op God stel nooit teleur nie,
want dit is gegrond op God se liefde,
en God se liefde is éwige liefde.
Dit kan nooit ‘n illusie wees nie.
Hoop, Bybelse hoop, is nie die oortuiging dat dinge goed
sal uitdraai, soos jy dit wil hê nie,
maar die sekerheid dat dit sin sal maak, ongeag hoe dit uitdraai.
Daarom sê Reith: “I do not like crises,
but I do like the oppertunities they provide.”
Hoop lê nie in die omstandighede nie, maar in God.
Hoop word nooit gebore deur na die omstandighede te kyk nie.
Hoop word gebore en bevestig wanneer jy God se
teenwoordigheid raaksien en daaruit na jou situasie kyk.
Hoop word op God se beloftes gebou.
Daar is oor die 3000 beloftes van God in die Bybel.
Ruben Alwes het gesê:
“Hope is hearing the melody of the future, faith is to dance on it.”
Geen krisis kan ooit die hoop op God wegvat nie,
want geen krisis kan ooit vir God wegvat nie.
God regeer en het die laaste sê.
Daar is geen hopelose situasie nie,
net mense wat hopeloos daaroor voel.
Luis Espinal was ‘n priester wat vir sy geloof gesterf het.
Kort voor sy dood skryf hy hierdie aangrypende woorde:
“The world is not the roll of the dice toward chaos.
A new world has begun to happen since Christ has risen...
Jesus Christ, we march behind You on the road to the future.
We are not in a game of chance...You have the last word.
Now has begun the eternal.”
Ernest