Filippense 1:20-21:
“Ek wil Christus verheerlik in lewe en sterwe,
want om te lewe is vir my Christus,
en om te sterwe is vir my wins.”

Iemand wat bekend was daarvoor dat hy
met hoop geleef het was Winston Churchill.
Toe die mense tydens die Tweede Wêreldoorlog mismoedig was,
het hy hulle bemoedig met hoop.
Hy het sy begrafnis wat in die St. Paulus Katedraal
sou plaasvind self beplan met bekende liedere van hoop.
Verder moes ‘n beuelblaser, wat hoog in die koepel gesit het,
na die uitspreek van die seën die “Taps” speel.
“Taps” is die universele teken wat sê die dag is verby.
Churchill se aardse lewe was inderdaad verby.

Maar dan volg ‘n verrassende deel, wat wys op sy lewe van hoop....
As die “Taps” klaar gespeel is, moes ‘n beuelblaser aan die ander
kant van die koepel die “Reveille” begin speel.
Dit is ‘n universele teken wat sê die dag het begin!
Die boodskap hiermee was dat die laaste woord oor sy lewe,
en oor die geskiedenis van die wêreld,
nooit die “Taps” sal wees nie; dit sal altyd “Reveille” wees.
Die dag het begin. Die nuwe dag by God.

Emily Dickinson het gesê:
“We never really know how high we are till we are called to rise”
Jesus se opstanding gee ons die hoop om reeds in hierdie wêreld
op te staan, en ons volle potensiaal te bereik en uit te leef!
Staan op en leef anders.
Leef met hoop!

Ernest