Handelinge 2:24 gee die allerbelangrikste rede vir hoop:
“Dit was immers vir die dood onmoontlik
om Hom gevange te hou.”
Die dood kon nie vir Jesus gevange hou nie.
As ons hoop verloor, leef ons asof Jesus “dood” gebly het.
Ons hoef nooit hoop te verloor nie,
want Jesus het waarlik opgestaan.
Die sekretaris van Oliver Cromwell het ‘n slapelose nag
op een van hul lang reise te perd op die platteland beleef.
Hy het regop gesit langs die vuur, vol bekommernis en vrees.
Een van die medereisigers het regop gaan sit langs die vuur,
en vir die sekretaris gevra of hy hom drie vrae kan vra:
Eerstens; het God regeer voor ons gebore is? “Ja!”
Tweedens; sal God regeer na ons dood? “Ja!”
Derdens; moet ons nie dan vir God vertrou om ook oor
die hede te regeer nie, oor die nag, en oor die gevaarlike reis?
Die sekretaris het die waarheid en die wysheid daarvan ingesien,
en rustig gaan slaap.
Onthou: Jesus het opgestaan. Niks kan Hom gevange hou nie.
Geen situasie waarin jy is kan vir Jesus gevange hou nie.
Hy heers daaroor. Hy het alles reeds oorwin. Hy het opgestaan!
“The Gospel do not explain the resurrection;
the resurrection explains the Gospel.
Believe in the resurrection is not an appendix to the Christian faith;
it is the Christian faith” – J. S. Whale.
Sonder die opstanding van Christus,
is daar geen hoop nie.
Ernest