Steek die grens van jou gemaksone oor.
“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie..”
Mordegai sê dit vir Ester. Sy luister na haar oom,
en so gebruik God haar om te red. Lees die boek Ester!

Ray Blackenship het by sy huis in Andover, Ohio, se venster uitgekyk.
Dit het heelnag gereën en hy het gekyk hoe sterk die kanaal vloei.
Met skok het hy gesien hoe ‘n klein dogtertjie magteloos
in die kanaal afdryf. Hy het besef hy is haar enigste hoop.
Hy het al langs die kanaal gehardloop en haar telkens probeer vasgryp.
Sy het histeries geraak. Hy het uiteindelik ingespring en haar
styf vasgehou. Verder af in die kanaal kon hy aan iets vasgryp,
en het hy geklou vir lewe en dood.
Uiteindelik het die brandweer hulle gered van ‘n sekere dood.
Op 12 April 1989 ontvang Ray ‘n medalje vir sy reddingsdaad.
En toe eers kom die heel onverwagte nuus uit:
Ray kon hoegenaamd nie swem nie. Hy het nooit geleer swem nie!
Indien Ray Blackenship daardie dag besluit het dit moet hom,
logies gesproke, uit die kanaal hou, en dat hy haar nie kan help nie,
het die dogtertjie ‘n entjie verder onder die aarde in verdwyn,
na ‘n ondergrondse tonnel van die kanaal!

Met die oog op ‘n tyd soos daardie,
het God vir Ray gehelp om die dogtertjie te sien, en te red.
In sulke tye gee God ons die moed om buite ons gemak sones op te tree.
Ester kon bly dink watter risiko sy sou loop om met die koning te praat.
Dit kon eenvoudig haar lewe kos, soos met Ray.
Maar sy tree op en God red...
Moenie huiwer nie.
Tree op, vir God!

Ernest