“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie”,
het Ester se oom, Mordegai, vir haar gesê in Ester 4:14.
“...met die oog op ‘n tyd soos hierdie...” was Wolraad Woltemade
iemand wat die geleentheid aangegryp het,
ter wille van God en sy medemens. Om mense te red.
Die dag was daar stormweer aan die Kaap.
Die skip, De Jonge Thomas, was besig om te sink.
Skeepsvrag wat oorboord gegooi is, het op die strand uitgespoel.
‘n Klomp manne het dit opgepas.
Een van hulle was die seun van Wolraad Woltemade.
Hy het vir sy seun kos geneem in die stormweer.
Wanneer hy te perd by die strand aankom, is die skip besig om
vinnig te sink en niemand kon die bemanning help nie.

Net daar het hy sy perd in die see ingestuur,
na die sinkende skip en die hulpelose matrose.
Met twee matrose aan weerskante van sy perd,
het hy die perd dan weer uitgestuur strand toe.
Ten spyte van die storm wat al sterker geword het,
het Wolraad nog ses keer teruggegaan met sy perd.
So het hy uiteindelik veertien matrose gered!
Toe hy dit vir die agste keer terug waag na die skip,
was die matrose so desperaat dat te veel van hulle
gelyk aan die perd vasgeklou het, en hulle gesink het.
Die perd was te moeg en kon nie die meer as tien matrose
gelyk dra nie, en almal het verdwyn en verdrink.

Wolraad Woltemade het sy lewe opgeoffer vir vreemdes,
mense, mense wat hy glad nie geken het nie.
Hy was ‘n gelowige wat “met die oog op ‘n tyd soos hierdie”
opgetree het en nie homself hoër geag het as die lot van
hulpelose mense nie.
Net soos wat Ester gedoen het ten opsigte van die Jode.

Twee aanhalings kan ons verder laat dink:
John Wesley het gesê: “Do all the good you can,
in all the ways you can, to all the souls you can,
in every place you can, at all the times you can,
with all the zeal you can, as long as ever you can.”
Ten opsigte van álle mense, soos Wesley sê:
“all the souls you can”,
ten opsigte daarvan het John Powell gesê:
“Our lives are shaped by those who love us –
and by those who refuse to love us.”
Gryp die oomblik aan! God red!

Ernest