Het God unieke planne en drome vir ons elkeen?
Ja! Hy het! God het elkeen van ons op ‘n unieke wyse geskep.
Kyk hoe jubel die Psalm-skrywer van Psalm 139 daaroor.
Nie een van ons is dieselfde nie.
God het net een van jou gemaak.
Daar was nog nooit nie,
en sal ook nooit weer iemand soos jy wees nie.
Nie eers identiese tweelinge is dieselfde nie.
Hulle lyk maar net dieselfde.

God se een wil is vir ons almal geldig.
Ons almal moet in Jesus Christus glo.
Ons almal moet die Evangelie dienend uitleef en uitdra.
Die verantwoordelikheid is ons sin, om met ons unieke gawes,
unieke persoonlikheid in ‘n unieke liggaam,
in ons unieke verhoudings en omstandighede,
God se wil uit te leef.
My keuse moet geneem word in die lig van my vraag waar ek
self vir God op die mees effektiewe manier kan dien en eer.
God se een oorkoepelende wil hef nie sy unieke bemoeienis
met elkeen van ons op nie.
Ons kan self besluit, in die lig van wie die unieke ons is,
wat en wie ons beroep, adres, vriende,
en omstandighede gaan wees.
God forseer hierdie keuses nooit willoos op ons af nie.
Stel jou unieke menswees en omstandighede volledig
in diens van God en leef daarmee vir Hom.
Verteenwoordig Hom in alles wie jy is,
en alles wat jy doen!
So leef jy tot sy eer. So is jy in sy wil.
Dit is sy unieke plan en droom vir jou!

Ernest