‘n Franse spreekwoord sê:
“Ware vriendskap is ‘n huwelik tussen twee geesgenote.”
Ralph Waldo het by geleentheid gesê:
“Dit is duidelik dat God nie bedoel het dat ons almal ryk
en magtig en beroemd sal wees nie. Maar Hy wil verseker hê
dat ons almal goeie vriende sal hê!
En Hy bied boonop sý vriendskap vir ons aan!”
Johannes 15:15: “Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie...nee,
Ek noem julle vriende.”
Treffend lees ons in Spreuke 27:17:
“ Yster slyp yster. Vriende vorm mekaar.”
In die lig hiervan is daar ‘n merkwaardige verhaal van ware vriende.
Albrecht Dürer was die man wat die Biddende-Hande beeld geskep het.
Hierdie biddende-hande beeld hang vandag nog in duisende huise.
Hy het van skool af ‘n baie goeie vriend gehad met die naam Hans.
Albei wou graag na skool in die kunste gaan studeer.
Maar al manier hoe hulle dit ooit sou kon regkry,
is dat die een as ystersmid sou gaan werk om geld te verdien vir
die ander een wat gaan studeer. Later sou hulle dan plekke ruil.
So is dit dat Albrecht toe Venesië toe is,
terwyl Hans as ystersmid die geld vir sy studies verdien.
Maand na maand het Hans die nodige geld voorsien.
Uiteindelik het Albrecht afstudeer en hy was nou reeds beroemd
as kunstenaar, ‘n skilder en beeldhouer. En dit was Hans se beurt.
Met Albrecht se terugkoms was hy verheug,
om sy kosbare vriend na jare weer te sien.
Maar toe hy sien wat die gevolg van Hans se opoffering was,
het hy begin huil. Hans se hande was geheel en al misvorm,
as gevolg van al die harde werk as ystersmid.
Hy sou nooit weer ‘n verfkwas kon vashou nie,
of fyn beeldende kuns kon beoefen nie.
Albrecht Dürer het uit dankbaarheid teenoor sy kosbare vriend
Hans se hande as voorbeeld gebruik om die Biddende-Hande
beeld te skep. Dit het wêreld beroemd geword...
Yster slyp yster...
Andrew M. Greely het gesê:
“Vriendskap is net eg wanneer ‘n mens jousélf vir iemand anders gee.
Om jou so te gee is een van die grootste risiko’s op aarde, en vereis
ware waagmoed as jy dit met integriteit wil doen.”
Wees ‘n ware vriend vir ‘n vriend!
Ernest