Ons moet nooit toelaat dat die kindwees in ons verlore raak nie!
Die fliek “Finding Neverland” gaan oor die skrywer van
“Peter Pan”, J. M. Barrie. Die fliek beklemtoon dit sterk dat ons
nooit die kindwees in ons moet verloor nie,
want dan verloor ons ook ons “sense of wonder”.
Ons moet kan glo en beleef soos ‘n kind,
anders mis ons so baie van die lewe.
Ons sê ook dikwels dat iets die “kind in ons wakker gemaak het”.
Daar is ‘n paar redes waarom jy die kind in jou moet behou:
Kinders is afhanklik. Hulle het hul ouers en ander mense nodig.
Hulle kan nie sonder hul ouers klaarkom nie.
Ons moet ook so doelbewus afhanklik voor God, ons hemelse Vader, leef.
Matteus 5:3: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
Kinders het ook ‘n kort geheue. Kinders dra nie haat en vergelding rond nie.
Kinders vergewe makliker as volwassenes. 70 maal 7. Matteus 18:21-35.
Kinders is sterk op vergifnis. Volwassenes sukkel. Ons sukkel met vergifnis!
Kinders besit nog die vermoë van verwondering.
Die lewe is vir hulle nog wonderlik!
Dit waarby geloof staan en val, naamlik dat die onmoontlike
vir God moontlik is, is vir kinders ‘n werklikheid!
Dit moet vir ons ook so wees.
Ons glo moeilik dat God die onmoontlike kan doen, al sê ons dat ons dit glo.
Ons lewe wys dit moeilik.
En dan glo ons eintlik nog glad nie.
Laat die kindwees weer in jou opstaan en leef!
Ernest