Spreuke 15: 13 en 15 beklem toon blydskap:
“Blydskap laat ‘n mens se gesig straal;...”
“...die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.”
Wanneer vers 13 sê dat blydskap jou gesig laat straal,
dan is dit lekker om te weet dit neem net sewentien gesig spiere
om te lag. Maar dit neem 43 gesig spiere om te frons!
Dit is ‘n groot wins om te lag! Jy kan twee keer lag,
en nog minder gesig energie gebruik as om een keer te frons.

Iemand het eenkeer gesê as jy lag kuier jy by God.
Wanneer mense lag trek dit hulle nie net nader aan mekaar nie,
maar ook nader aan God. Die Bybel beklemtoon dikwels blydskap!
Ons hoor dikwels dat mense sê die kortste vers in die Bybel is
Johannes 11:35: “Jesus het gehuil”.
Dit is egter nie so nie. In die Griekse Nuwe Testament
het hierdie vers 3 woorde.
Die heel kortste vers is 1 Tessalonisense 5:16: “Wees altyd bly”.
In die Grieks het hierdie vers net twee woorde.
Wees altyd bly! Wat ‘n wonderlike opdrag! “Kuier by God”.

Ons weet mos hoe mense saam begin lag wanneer iemand lag?
Joe Harding vertel hoe hy saam met vriende in ‘n restaurant was.
‘n Klomp studente het skielik uitgebars van die lag.
Hulle het al hoe harder begin lag,
en toe opgemerk die tafels rondom hulle kyk na hulle.
Hulle het hul lag probeer demp, maar hoe harder hulle probeer het,
hoe meer het hulle geskud van die lag. Toe gebeur iets.
Die gelag het van die een tafel na die ander aangesteek.
Harding sê: “I saw it coming toward us!
Soon we found ourselves caught up in the whole atmosphere of
laughter and joy. We didn’t even know what we were laughing about.
But our conversation was interrupted as we smiled at each other
and then broke out in laughter. It was an amazing moment”.

Humor en lag maak die lewe “omgewingsvriendelik”.
Lag is aansteekliker as siekte.
Leef doelbewus in verhoudings wat blydskap in jou lewe bring.
Christene behoort altyd lekker saam te kan lag,
want daar is ‘n blydskap in hulle wat hoogs aansteeklik is.
Die blydskap in die Here!...waarvan Filippense 4:4 praat:
“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!”.

Ernest