Verhoudings waarin blydskap uitgeleef word,
is natuurlike medisyne vir die siel. Dit hou mense gesond.
Minder interpersoonlike verhoudings lei eerder tot hoër
Stres-vlakke en korter lewe.
‘n Studie van 2800 mans en vroue van oor die 65 jaar het
getoon dat die van hulle wat in aktiewe verhoudings is,
‘n laer risiko het ten opsigte van siektes.
Veral verhoudings waarin blydskap ervaar en uitgeleef word,
het gelei tot vermindering in stres, verbeter lewenskwaliteit,
en die gee van baie meer energie en gesondheid.

Tot 1965 het mense van Roseto, ‘n klein dorpie in Amerika,
die Roseto effek gehad. Die mense was amper immuun teen
hartsiektes. Hulle het net so baie gerook en gedrink,
en dieselfde kos geëet as die mense van Bangor,
wat met hierdie siektes gesukkel het. Die rede?
Roseto is gestig deur Italiaanse immigrante in 1882,
en het bestaan uit drie generasies van mense met sterk
persoonlike verhoudings waarin veral blydskap ‘n groot rol
gespeel het. Toe hierdie verhoudings in 1960 verkrummel,
het hul gesondheid ook verkrummel.

Die Here bedoel dat ons ons blydskap moet uitleef,
en veral in verhoudings met ander mense.
Veral die wat die naaste aan ons is.
Carol Brown skryf hierdie gebed,
ook oor “laugh together at shared jokes”:
“God, you created us with mouths to speak.
You made us able to say kind words, to talk about important ideas,
to laugh together at shared jokes, and to tell stories of your love.
We confess that we often misuse your gift. Forgive us.
Work within us until our words are the words you would speak.
For we pray in Jesus’ name. Amen”.

Ernest