Jesus het merkwaardige gelykenisse vertel.
Eenvoudige verhale waarin Hy uit die alledaagse lewe
beelde gebruik om na God te wys!
Jesus sê self in Markus 4:10-12:
“As julle mooi na die verhale luister,
sal julle baie oor die geheime van God se heerskappy
in die wêreld leer. Julle gaan dinge hoor wat julle
nog nooit gehoor het nie. Julle wat My ken,
sal die verhale reg verstaan.”

Hoekom gebruik die Here stories en visuele beelde?
Dit het gehelp dat mense baie beter verstaan.
Dit het aangesluit by hulle leefwêreld en gebruike.
Daar gaan ‘n wêreld vir jou oop as jy snap wat
William Temple hieroor sê:
“Jesus taught people to see the operation of God
in the regular and the normal –
in the rising of the sun and the falling of the rain,
and the growth of the plant.”
Vir Jesus is die wêreld nie ‘n verlore plek nie,
maar God se eiendom.

Jesus het met sy gelykenisse en visuele voorbeelde
eintlik gesê: As jy God wil sien, kyk om jou.
Jesus het in die alledaagse dinge van die lewe ‘n
onuitputlike bron gesien van tekens wat mense na
God sou lei as hulle die tekens net reg wou lees.
Jesus help ons om Psalm 24 beter te verstaan en uit te leef.
“The Word on the Street” vertaal dit treffend só:
“God owns the planet: the title deeds, the plants, the seeds,
the animals, the land, the seas. He owns the life, the love,
you and me: God owns the planet!”
En hieroor sê Frances Dominica ook:
“There is no limits to the ways God may make Himself known.”

Wie God bo alles liefhet sal God in alles sien!

Ernest