In Markus 5 lees ons die gebeure waar Jesus
die dogtertjie uit die dood opwek.
Lees gerus verse 21-23 en 26-43.
In verse 39-43 lees ons onder andere:
“Jesus gaan toe in en vra vir hulle:
“Vir wat gaan julle so te kere? Die kind slaap net.
Sy is nie dood nie. Hy jaag toe al die mense uit die huis uit,
behalwe die ouers en sy drie volgelinge.
Jesus vat die dogtertjie se hand en sê: “Talita koem!”
Die dogtertjie het dadelik opgestaan.”
“Talita koem” is Aramese woorde van die Here,
hier tussen die Grieks deur. Waarskynlik is dit omdat Markus
sy inligting hieroor by Petrus gekry het wat ‘n ooggetuie was,
een van die drie. Petrus gee nie die Grieks aan Markus hieroor nie,
maar die Aramees, presies soos hy dit uit Jesus se mond gehoor het.
Jesus het ‘n manier om ‘n diep indruk te maak. Petrus onthou presies.
Maar meer belangrik as dit alles is Jesus se optrede in die omstandighede.
Jesus bring hoop , in die plek van die wanhoop van die treurendes.
Dit maak ‘n diep indruk. Jesus bring kalmte en beheer,
in die plek van die mense se histerie en onsekerheid.
Hy bring vrede waar baie seer en groot krisis is.
William Barclay skryf hieroor:
“They laughed at Jesus because they thought his hope was groundless,
and his calm mistaken. But the great fact of the Christian life is that,
what look completely impossible with men, is possible with God!”
Wanneer ons dit werklik glo, en soos Jesus volgelinge leef,
dra ons ook kalmte en hoop in omstandighede en in mense se lewens in.
God doen dit deur ons!
Daarom kan ons regtig die gebed van Reinhold Niebuhr bid.
Gewoonlik lees ons net die eerste deel van die gebed.
Maar kyk hoe treffend is die hele gebed:
“God, grant me the serenity to accept the things I cannot change;
courage to change the things I can; and wisdom to know the difference.
Taking, as Jesus did, this sinful world as it is, not as I would have it;
trusting that He will make all things right if I surrender to His Will;
that I will be reasonably happy in this life,
and supremely happy with Him forever in the next. Amen”
Ernest