Lees Markus 6:45-52. In verse 45-46 lees ons:
“Dadelik hierna het Jesus sy dissipels aangesê om weer
in die boot te klim en solank voor Hom uit na die oorkant,
na Betsaida toe, te vaar terwyl Hy self die skare huis toe stuur.
Daarna het Hy alleen teen die berg opgegaan om te bid.”
Soos Jesus vir ons die voorbeeld gestel het,
moet ons juis te midde van baie besige omstandighede,
soos die waarin Jesus hier was, tyd maak vir stilte by God.
Doelbewuste ontmoetings met God.
Catherine Marshall het uit haar eie baie besige lewe
en die gevolgtrekking gemaak dat:
“The best time for prayer isn’t found. It’s made!”
Jy sal nie tyd vind om stil te word by God nie.
Jy moet tyd maak daarvoor, want die lewe suig jou in,
in die maalkolk van gejaagdheid.
Vind die beste tyd wat vir jou persoonlik werk,
en máák dan daardie tyd!
E. Stanley Jones het gesê: “Lean upon the window sill of the Lord,
and look into His face. Hear Him talking to you.
Then go out into the world,
with a sense of God’s Hand upon your shoulder.”
“Then go out into the world...”, sê E. Stanley Jones.
Dit is wat Jesus gedoen het. Hy gaan sit op die berg by God en bid.
En toe Hy sien hoe swaar sy dissipels op die see kry,
toe gaan Hy met die krag van God van die berg af om hulle te help.
Maak tyd vir God...en gaan dán.
“The best time for prayer isn’t found. It’s made!”
Ernest