Die mense het geen benul gehad wie die Man van Nasaret is nie.
Hulle het wel agtergekom Hy is nie te onaardig nie.
Dit is “nuttig” om Hom in jou omtrek te hê.
Hy kan immers geestes- en liggaams-kwale gesond maak.
“Almal soek U”, sê Jesus se volgelinge.
Daar is vandag nog baie mense wat na Jesus soek,
ter wille van wat Hy vir hulle kan doen.
Mense gaan selfs uit die beweegrede kerk toe.
Maar Jesus sê self dit is nie waarvoor hy gekom het nie.
Markus 1:38-39 sê Hy het gekom om God aan mense te openbaar,
om mense te vertel en te wys wie God is,
sodat hulle nie net van Hom sal weet nie, maar Hom sal kén!
Hy het gekom om mense van hulle geestelike blindheid te verlos!
Die duiwel wil hê ons moet blind ronddwaal.
Wanneer Jesus mense ook fisies gesond maak,
dan het die mense nie vir God in Jesus se hart vir mense gesien nie.
Hulle het eerder gratis mediese diens gesien. Vers 45.
Hulle het Jesus omring ter wille van hulleself, om hulself te help,
eerder as ter wille van om God waarlik te leer ken.
Vandag is dit nog so.
Mense omring die Here, ook met gebede, ter wille van hulleself.
Hulle bid eerder vir hul eie koninkryk, as vir die koninkryk van God.
Met Jesus se koms het die koninkryk van God naby gekom.
Wie dien jy?
Watter koninkryk brei jy uit?
Regtig.
Ernest