“Die koninkryk van God is ‘n saak van gehoorsaamheid aan God,
vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.” – Romeine 14:17.
Vrede én vreugde!

Vreugde is so ‘n groot saak in die Bybel,
dat mense selfs sterk uitsprake daaroor maak.
Paul Ruddick sê: “Daar is net een vorm van godslasterlikheid,
en dit is die weiering om God-gegewe vreugde te ervaar.”
Dorothy Sayers sê: “Die slegste sonde,
miskien die enigste sonde, is om vreugdeloos te wees.”
Hoe kan hulle sulke sterk uitsprake maak? Wel...

Vreugde is die onvermydelike gevolg van ‘n lewe wat gevul is
met sekerheid wat God gee.
Wanneer ons seker is oor ons plek in die heelal, oor wie ons is,
en aan Wie ons behoort, en seker is oor Wie ons gemaak het,
en Wie ons liefhet met ‘n liefde wat nooit sal verdwyn nie,
dan is vreugde die onvermydelike teken van hierdie sekerheid!
Wanneer ‘n koning in sy kasteel was, het ‘n vlag gewapper wat
vir die mense sê hy is daar. Wanneer óns Koning in ons woon,
is vreugde die vlag wat in ons lewe wapper! God is in ons!
Dit is juis die vreugde van Kersfees: God – Immanuel – is met ons!
Dit is wat die engel eeue terug vir die herders gesê het in Lukas 2:10:
“...ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap...”
Vreugdeblydskap!

Die dertiende eeuse digter, Fra Angelico, sê treffend hoe binne bereik
vreugde in ons lewe is:
“The gloom of the world is but a shadow behind it.
Yet, within reach is joy!
There is radiance and glory in the darkness could we but see.
I beg you to look. Life is so generous a giver:
Welcome it, grasp it, and you touch the angel’s hand
that brings it to you.” “Within reach is joy!”
Vreugde...gee God aan jou!
In jou nuwe lewe gee God dit onbeperk!
Verwelkom dit. Omhels dit.
En jy “raak aan God se hand” waarmee Hy dit gee...

Ernest