Maria het eers opgekyk.
Daarna het Maria ingekyk in haarself.
Lukas 1:38: “Ek is tot beskikking van die Here.”
Wat het haar inkyk in haarself meegebring?
Maria het haar geringheid ontdek, voor God, en tóg...
Tog kies God háár in haar geringheid.
‘n Wetenskaplike met die naam van William Bebe
het saam met Teddy Rooseveldt, oud president van die VSA,
deur ‘n teleskoop na die sterrehemel gekyk. Bebe sê toe:
“Die dowwe lig-kolletjie in die linker hoek van die Pegasus
is die Andromeda. Dit is so groot soos ons hele melkweg.
Dit is een van die honderd-miljoen derglike melkweg stelsels.
Dit is 750 000 ligjare van die aarde af.”
Rooseveld het hom onderbreek:
“Staak dit, Bebe, ek voel nou klein genoeg.”
Maria het waarskynlik net so gevoel nadat sy opgekyk het na God,
en toe ingekyk het na haarself. In haar loflied in Lukas 1:46-56
praat sy van haar geringheid teenoor God.
Sy het egter besef wat God se grootheid deur haar kleinheid
kan vermag, as sy net haarself volledig en sonder voorbehoud
tot beskikking van God stel.
Daarom haar aangrypende belydenis in Lukas 1:38:
“Ek is tot beskikking van die Here.”
Haar inkyk na haarself, nadat sy eers opgekyk het na die Here,
het haar nié laat sê: Wie is ek? nie, maar: Hier is ek!
Hieruit leer ons die geloofsles dat die vraag nie is wie ék nou
eintlik is om die taak te doen nie. Dit gaan nie oor my nie.
Wat saak maak is wie God is, wat ons vra om dinge vir Hom te doen!
Hy is die God van die onmoontlike, wat deur jou enige iets kan doen!
Glo jy dat God jou wil en kan gebruik?
Dan moet jy net soos Maria sê: Ja, Here, hier is ek, tot U beskikking.
Ernest