Nadat Maria opgekyk het na God, en ingekyk het na haarself,
het sy uitgekyk. Vorentoe gekyk. Lukas 1:38:
“Laat met my gebeur wat U gesê het.” Dit is haar reaksie.
William Barclay sê hieroor:
“Mary had learned to forget the world’s most common prayer –
“Thy will be changed” –
and prayed the world’s greatest prayer –
“Thy will be done!”
Kerstyd is die tyd van geskenke gee.
Ons almal hou daarvan om dit te ontvang en oop te maak ook.
Ons kan baie keer geskenke gee wat óns keuse is,
en nie die keuse van die een wat dit ontvang nie,
en dan gee mense selfs daardie “onvanpaste” geskenk later
vir iemand anders!
Ons moet vir die Here gee wat Hy wil hê, en nie wat ons dink Hy
“nodig” het, of wat ons keuse is nie. Of wat ons bereid is om te gee nie.
Wat wil die Here hê? Niks minder as ons totale self nie!
Daarom dat Maria by implikasie sê:
“Vir U doen ek enige iets, en alles, Here. Maak met my soos U wil.”
Het jy jouself al so vir die Here gegee?
Ernest