Jesus weet presies hoe ons lewe op aarde is.
Hy het self doodgewone mens geword.
Filippense 2:6-7 sê dat God in die vorm van ‘n mens,
‘n slaaf, na die wêreld kom, en nie in die vorm van ‘n reus nie.
Niemand het dit so verwag nie. Wie sou immers vir God
in die vorm van ‘n weerlose baba verwag?
In die verloop van meer as 2000 jaar het hierdie verwagting
by mense nog nie verander nie. Net die Heilige Gees sou mense
die gawe gee om God raak te sien en tot geloof te kom.
Harry Boer stel dit so: “God identifiseer met die eenvoudigste
mens se probleme, hartseer, pyn, hoop, frustrasies en vreugde.
God weet daarvan, nie omdat Hy die mens gemaak het nie,
dit ook ja. Nie omdat Hy alwetend is nie, dit ook ja.
Maar veral omdat God self mens geword het.”
Vandag nog soek ons God op verkeerde plekke en maniere.
Daarom word ons so gou bang vir die “reuse” van die wêreld.
Ons vergeet Kersfees is die fees van doodgewone gelowige
mense wat weet dat die oorwinning behaal is,
en dat ons daarom kan sing:
“Kom buig nou in aanbidding voor Jesus die Heer.”
Dit is merkwaardig dat die engele die boodskap van Jesus
se geboorte eerste aan skaapwagters gebring het.
destyds was hulle die eenvoudigste mense.
God wys hiermee dat Hy na alle mense kom!
Dink maar aan wat Jesus later in Matteus 25:40 gesê het:
“Vir sover julle dit aan een van die geringstes van My gedoen het,
het julle dit aan My gedoen.”
God is lief vir elkeen wat Hy geskep het!
“Christmas reminds us that the Lord did not come to make a display...
God came to put Himself at the disposal of those who needed Him.”
Ernest