Jesus het besluit om nie langer in Nasaret te bly nie.
Sy nuwe woonplek was Kapernaum.
Dit is by die See van Galilea. Matteus 4:17:
"Van toe af het Jesus ook begin preek.
Hy het vir die mense gesê:
"Julle moet julle lewe radikaal verander, want God se nuwe wêreld is hier."
Jesus se boodskap is baie eenvoudig.
Verander jou lewe! Word so deel van God se koninkryk.
C. S. Lewis het hierdie verandering mooi verduidelik.
Dit is soos 'n ongebore kuiken binne 'n eier.
Die kuiken is gemaklik en word nie uitgedaag nie.
Die eier bevat voedingstowwe,
maar dit gaan binnekort uitgeput wees.
Die kuiken moet kies: Bly in die eier en sterf, of waag dit buite en lewe!
Die dop moet ook van binne oopgebreek word, en dan gaan die kuiken 'n totaal nuwe wêreld binne.
Hierdie wêreld is nuut vir die kuiken,
maar dit is die wêreld waarvoor die kuiken gemaak is!
Die keuse om te lewe of te sterwe...
dit hang van die kuiken self af.
Jesus bied dieselfde geleentheid aan ons.
Verander jou lewe radikaal en volg Hom. Dit is jou keuse.
Frederick Büchner het gesê:
"Love is the most powerful and the most powerless of things.
Love is the most powerful because it alone can conquer the human heart. Love is the most powerless because it can do nothing except by consent"
Dit is hoe God se liefde in Christus werk met ons!
Aan die einde van hierdie jaar,
en met die oog op die nuwe jaar kan ons bid:
"Ewige God, help my om eerlik met myself te wees, en heeltemal oop vir U.
Ek wil 'n duidelike besluit vir U neem,
om deel van U nuwe wêreld te wees.
Ek wil daagliks so lewe dat ek hoe langer hoe meer die beeld van Jesus Christus vertoon.
Dit bid ek in die Naam bo alle name,
die Naam van die Here Jesus Christus. Amen."
Ernest