Gelukkig is jy, geseënd is jy, as jy sag van hart is.
Matteus 5:5 sê dit: "Gelukkig is die wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hul erfporsie wees."
Iemand wat sagmoedig is tree sag op. En tog met groot moed!
"Sag-moedig".
Die woord "sag" spel dit ook:
S staan vir Sterk selfbeeld.
A staan vir Aangenaam.
G staan vir Geesbeheersd.
Jou lewe is jou boodskap.
Ons sien dit ten opsigte van die lewe van Jesus.
Sagmoedigheid wil nie die middelpunt van aandag wees nie.
Dit dien ander eerder as om gedien te word.
Dit help laste dra en maak die lewe ligter.
Wees geseënd hierin in hierdie jaar.
En: "Gelukkig is die wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig." - Matteus 5:6.
Wat sal in hierdie jaar gebeur as ons in oorgawe en met passie leef soos die Woord van God sê!? Dink net!
Ons kan maklik oortuigings hê en dit mondelings oordra.
Maar leef ons dit?
Byvoorbeeld:
Om 'n Christen te wees is om op te hou sê:
"Waar die Messias is, is daar geen ellende nie", en eerder te sê:
"Waar daar ellende is, daar is die Messias."
Die eerste stelling stel geen eise nie.
Die tweede stelling is 'n opdrag!
Ons moet die tweede stelling gaan leef,
eerder as om die eerste te "verkondig".
Dan het ons 'n honger en 'n dors na wat voor God reg is, en ons gaan sorg dat dit gebeur. Deur sy krag en genade.
Gaan leef dit, en wees daarin geseënd!
Ernest